Ons werk almal saam vir God. En julle is soos 'n stuk grond waar God besig is om te werk. Julle is 'n gebou van God. God was genadig vir my. Hy het gesê ek mag die fondament bou. Toe het ek soos 'n goeie bouer die fondament gebou, en 'n ander bouer bou verder daarop. Elkeen moet goed kyk hoe hy daarop bou. Niemand kan 'n ander fondament bou nie, want daar is klaar 'n fondament. Hierdie fondament is Jesus Christus. 'n Mens kan op hierdie fondament bou met goud, silwer, edelstene, hout, gras of strooi. Wanneer die Here kom, dan sal almal kan sien waarmee elkeen gebou het, want op daardie dag sal daar ook vuur kom. Die vuur sal elkeen se bouwerk toets om te kyk of hy goed gebou het. Wanneer iemand op die fondament gebou het, en sy werk bly staan, dan sal die Here daardie persoon beloon. Maar as iemand se werk verbrand, dan sal daardie persoon alles verloor. Maar die Here sal die persoon self red, Hy sal die persoon uit die vuur red. Julle moet onthou dat julle die tempel van God is en dat die Gees van God in julle woon. As iemand die tempel van God ontwy, dan sal God daardie persoon straf, want die tempel van God behoort aan God. En júlle is daardie tempel. Julle moenie julleself bedrieg nie. Een van julle dink miskien hy is slim in hierdie wêreld, maar hy sal eers regtig slim wees wanneer hy weet hy is dom by God. Hoekom? Want God sê die slim dinge van die wêreld is dom. In die Ou Testament is geskryf: God vang die slim mense met hulle eie slim planne. Daar is ook geskryf: Die Here ken die planne wat die slim mense van die wêreld maak. Hy weet dit beteken niks. Daarom moet julle nie spog dat julle aan 'n belangrike leier van die gemeente behoort nie, want al hierdie leiers, ja alle dinge, behoort aan julle. Paulus en Apollos en Sefas en die wêreld en die lewe en die dood en die belangrike dinge van hierdie lewe en van die lewe wat eendag kom, ja, alles behoort aan julle. En julle behoort aan Christus, en Christus behoort aan God.
Lees 1 Korintiërs 3
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 Korintiërs 3:9-23
5 dae
Christenskap vereis opoffering van ons. Ons moet kies tussen ’n lewe vir onsself of vir Christus. Paulus het hieroor geskryf aan mense wat selfgesentreerd geleef het. Hy herinner hulle daaraan om Jesus te volg. In hierdie Bybelstudie van RightNow Media, neem Jennie Allen ons in die morsige lewens van die mense van Korinte en help ons om onsself vandag te onderskei van die wêreldse kultuur.
7 Days
When God calls you to ministry, it can be overwhelming, but it can also be the best thing that ever happens to you. If your heart’s been stirred to plant a church, start here in God’s Word. Dig in to this seven-day reading plan, and find the encouragement you need to step out into God’s calling.
7 dae
Bekende vroue soos Christelle Webb-Joubert, Benescke Janse van Rensburg, Christine Ferreira, Helenè Bester, Chanté Hinds-Moller, Lizette Murray en Bertha le Roux-Wahl bring boodskappe van hoop vir ma’s. Hulle herinner jou dat jy nie alleen is nie, dat jy nie skaam hoef te voel wanneer die lewe jou oorweldig nie, en dat jy altyd maar kan vashou aan dié wete: Jou hemelse Vader ken jou, Hy weet wat jy nodig het.
7 Dae
Jesus het voor sy hemelvaart belowe dat ‘n nuwe bedeling tot met sy wederkoms gaan aanbreek. God die Heilige Gees gaan kom om in ons te woon en elke dag by ons te wees. Sedertdien het die Heilige Gees gekom as ons Parakleet (Helper/Voorspraak). Hy wil ons help om sonde te oorwin en om nuwe eienskappe soos liefde, vrede, blydskap, geduld en selfbeheersing te ontwikkel. Hy sal ons met krag toerus om getuies van Jesus te wees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's