1 Korintiërs 3:9-11

1 Korintiërs 3:9-11 ABA

Ons werk almal saam vir God. En julle is soos 'n stuk grond waar God besig is om te werk. Julle is 'n gebou van God. God was genadig vir my. Hy het gesê ek mag die fondament bou. Toe het ek soos 'n goeie bouer die fondament gebou, en 'n ander bouer bou verder daarop. Elkeen moet goed kyk hoe hy daarop bou. Niemand kan 'n ander fondament bou nie, want daar is klaar 'n fondament. Hierdie fondament is Jesus Christus.

Video for 1 Korintiërs 3:9-11