PSALMS 20:1-9

PSALMS 20:1-9 NLV

Mag die HERE, in tye van nood, antwoord op jou roepstem. Mag die Naam van die God van Jakob jou beveilig teen gevaar. Mag Hy jou te hulp snel uit die heiligdom, en uit Sion jou versterk. Mag Hy dink aan al jou graanoffers, en jou brandoffers gunstig aanvaar. Sela Mag Hy jou hartsbegeertes vervul, en al jou planne verwesenlik. Mag ons juig oor u oorwinning, en baniere hys in die Naam van ons God. Mag die HERE al jou gebede verhoor. Nou weet ek: die HERE red sy gesalfde koning. Vanuit sy heilige hemel verhoor Hy hom en red hom deur sy groot mag. Sommige volke vertrou op strydwaens en perde, maar ons vertrou op die Naam van die HERE ons God. Daardie volke sal val en ineenstort, maar ons sal opstaan en regop staan.