PSALMS 139:1-10

PSALMS 139:1-10 NLV

HERE, U deursoek my en ken my. U weet of ek sit en of ek opstaan, U ken my gedagtes van ver af. Of ek op pad is, en of ek gaan lê, elke oomblik weet U waar ek is. Selfs voordat ek praat, HERE, weet U al presies wat ek gaan sê. U sluit my in van voor en van agter. U hand van seën is op my. Dié kennis laat my in verwondering, dit is vir my te hoog om te begryp! Waarheen sou ek kon gaan om u Gees te ontwyk? Of waarheen sou ek kon uitwyk om u teenwoordigheid te ontvlug? Gaan ek op na die hemel toe, is U daar; gaan lê ek in die doderyk, dan is U ook daar! Vlieg ek met die daeraad na die ooste, of gaan woon ek in die verre weste, selfs daar sal u hand my lei, en u regterhand my ondersteun.