Jesus het deur al die dorpe en kleiner plekkies rondbeweeg. Hy het die mense in hulle sinagoges onderrig, die Goeie Nuus van God se koningsheerskappy aangekondig en elke siekte en kwaal onder die volk gesond gemaak. Toe Jesus na die baie mense kyk, het Hy ontroerd geraak oor hulle seerkry en weerloosheid. Hulle was soos skape sonder ’n wagter. Daarop sê Hy vir sy dissipels: “Die oes is groot, maar die werkers is min. Hierdie oes is die Here s’n. Vra Hom dan om werkers vir sy oesland te voorsien.”
Lees MATTEUS 9
Luister na MATTEUS 9
Deel
Vergelyk alle weergawes: MATTEUS 9:35-38
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's