Toe Jesus die groot skare mense bymekaar sien, het Hy teen die berg uitgeklim. Toe Hy gaan sit, kom sy dissipels na Hom toe. Hy het begin om hulle soos volg te onderrig: “Gelukkig is dié mense wat weet hoe nodig hulle God het, want die koninkryk van die hemele is húlle deel. Gelukkig is die treurendes, want God sal self hulle trane afvee. Gelukkig is dié wat sag van hart is, want die nuwe aarde sal hulle erfporsie wees. Gelukkig is dié wat honger en dors na wat voor God reg is, want Hy sal hulle hartsverlange bevredig. Gelukkig is dié wat met ontferming uitreik na mense in nood, want God sal Hom oor húlle ontferm. Gelukkig is dié wie se harte volkome op God gerig is, want hulle sal vir God sien. Gelukkig is die vredemakers, want God sal vir hulle sê: ‘Julle is mý kinders.’ Gelukkig is dié wat vervolg word ter wille van wat voor God reg is, want die koninkryk van die hemele is húlle deel.
Lees MATTEUS 5
Luister na MATTEUS 5
Deel
Vergelyk alle weergawes: MATTEUS 5:1-10
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's