Van twaalfuur af het dit oor die hele land donker geword tot drie-uur die middag. Teen drie-uur het Jesus baie hard uitgeskreeu: “Eli, Eli, lemá sabagtani,” wat beteken: “My God, my God, waarom het U My verlaat?” Party van die omstanders het dit misverstaan en gedink Hy roep na die profeet Elia. Een van hulle hardloop toe gou, vat ’n spons, maak dit vol suur wyn en steek dit op die punt van ’n riet om Hom te laat drink. Die ander het egter gesê: “Los hom. Kom ons kyk of Elia hom kom red.” Maar Jesus het weer baie hard uitgeroep en die laaste asem uitgeblaas. Op daardie oomblik het die swaar gordyn in die tempel in twee geskeur, van bo tot onder. Die aarde het gebewe en die rotse het uitmekaargebars. Selfs die grafte het oopgegaan en God het die liggame van baie gelowiges wat reeds dood was, weer lewendig gemaak. Hulle het uit die grafte gegaan, en ná Jesus se opstanding het hulle die heilige stad Jerusalem binnegegaan en aan baie mense verskyn. Die Romeinse offisier oor honderd en die ander soldate wat Jesus bewaak het, het baie beangs geword toe hulle die aardbewing en die ander gebeurtenisse sien, en hulle het gesê: “Hierdie man was werklikwaar die Seun van God!” Baie vroue wat Jesus van Galilea af gevolg en vir Hom gesorg het, het alles op ’n afstand dopgehou. Onder hulle was Maria Magdalena, Maria, die ma van Jakobus en Josef, en die vrou van Sebedeus, die ma van Jakobus en Johannes.
Lees MATTEUS 27
Luister na MATTEUS 27
Deel
Vergelyk alle weergawes: MATTEUS 27:45-56
5 dae
Neem ’n paar oomblikke aan die begin of einde van jou dag om jou hart stil te maak en weer jou verhouding met God te versterk. Gebaseer op “Jy kán God vertrou” deur Nina Smit, gee die geliefde skrywer lesers aanmoediging in moeilike tye. Sy herinner jou aan God se oneindige liefde en sorg vir alle gelowiges. Elke dag bevat ’n Bybelvers, ’n gedagte vir die dag en ’n gebed.
8 dae
Wat het gebeur gedurende Jesus se laaste dae op aarde? Hierdie agt dae leesplan neem jou op 'n geestelike reis deur die gebeure van Jesus se laaste dae. Ons begin met die Intog in Jesusalem (Palmsondag) en volg dan die gebeure van Jesus se sterwe tot sy opstanding. Berei jou hart voor vir Paasfees soos wat ons DIE LEWE bekyk wat alle lewens verander het.
10 Days
Let’s slow down this Holy Week and learn from Christ’s final days on earth. Each day we will receive lessons or gifts that He took the time to give. Do you need a fresh reminder of what mattered most to Christ—that you love His people and follow Him? What could He want to teach you this Holy Week?
Travel a different road that leads to Easter this year. Start your journey with global missionaries in the Middle East and navigate the sights and sounds that will help you experience Easter from a whole new perspective. Experience anew why Jesus came to this earth--to save the souls of mankind.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's