LEVITIKUS 7:11-15

LEVITIKUS 7:11-15 NLV

“Hier volg die instruksies vir die verskillende soorte maaltydoffers wat vir die HERE gebring mag word. As jy ’n maaltydoffer as ’n dankoffer bring, moet die gebruiklike offerdiere saam met verskillende soorte brood sonder enige suurdeeg gebring word. Dit moet in olyfolie gedoop word. Dit kan ringbrood, of dun broodjies of roosterkoeke wees. By hierdie maaltydoffer wat as danksegging gebring word, moet daar ook brode wees wat met suurdeeg gemaak is. Een van elke soort brood moet as ’n gawe vir die HERE gegee word. Hierdie brood sal dan aan die priester behoort wat die altaar met die bloed van die offerdier besprinkel het. Die vleis van die offerdier moet op dieselfde dag as wat dit geslag is, geëet word. Niks mag oorbly tot die volgende oggend toe nie.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid