LEVITIKUS 25:47-55

LEVITIKUS 25:47-55 NLV

“As ’n vreemdeling wat onder julle woon sou ryk word, en as een van julle mede-Israeliete bankrot speel en hulleself verkoop aan so ’n vreemdeling, behou hulle nog steeds die reg om teruggekoop te word. Hulle mag deur ’n naby familielid – ’n oom, ’n neef of enige ander naby familielid – teruggekoop word. Hulle mag hulleself ook vrykoop as hulle die geld het. “Die prys vir hulle vryheid sal bepaal word deur die aantal jare wat oor is tot by die volgende Jubeljaar – dit wil sê, hoeveel dit sal kos om vir daardie bepaalde tydsduur ’n slaaf te huur. As daar nog baie jare oor is, sal die verkoopprys ’n groot deel van die oorspronklike koopprys wees. As daar nie baie jare oor is nie, sal hulle ’n kleiner bedrag vir hulle vryheid moet betaal. “Die vreemdeling moet hulle as werkers wat volgens ’n jaarkontrak werk, behandel. Julle mag nie toelaat dat ’n vreemdeling julle mede-Israeliete hard behandel nie. As enige van die Israeliete nog nie teruggekoop is teen die tyd van die Jubeljaar nie, moet hulle en hulle kinders in die Jubeljaar vrygelaat word. Die volk Israel is my dienaars wat Ek uit die land Egipte gebring het. Ek, die HERE, is julle God.”

Video vir LEVITIKUS 25:47-55

Gratis leesplanne en oordenkings oor LEVITIKUS 25:47-55