JOSUA 5:10-12

JOSUA 5:10-12 NLV

Toe hulle die Paasfees gevier het, was die Israeliete nog steeds by Gilgal op die vlakte by Jerigo. Hulle het dit op die veertiende dag van die maand teen die aand gevier. Die volgende oggend het hulle ongesuurde brood en gebraaide koring geëet wat in Kanaän geoes is. Op daardie dag dat hulle van die opbrengs van die land Kanaän begin eet het, het die manna opgehou. Die Israeliete sou nie meer manna eet nie. Van toe af het hulle die graan en vrugte begin eet wat in die land Kanaän geoes is.

Video vir JOSUA 5:10-12

Gratis leesplanne en oordenkings oor JOSUA 5:10-12