JOB 42:1-3

JOB 42:1-3 NLV

Job het die HERE geantwoord: “Ek weet nou U kan enigiets doen, en niemand kan U keer nie. U vra: ‘Wie waag dit om in sy onkunde my wysheid te bevraagteken?’ Dit was ek. Ek het gepraat oor dinge sonder begrip, dinge wat te wonderlik is vir my.