JOHANNES 19:13-16

JOHANNES 19:13-16 NLV

Toe Pilatus hierdie woorde hoor, het hy Jesus buitentoe gebring en self op die regterstoel gaan sit by ’n plek wat Klipterras genoem word, in Aramees “Gabbata”. Dit het saamgeval met die voorbereiding van die Paasfees, ongeveer twaalfuur die middag. Hy sê toe vir die Jode: “Dáár is julle koning!” Hulle het net geskree: “Vat hom weg! Vat hom weg! Kruisig hom!” Pilatus sê vir hulle: “Moet ek julle kóning kruisig?” Die priesterhoofde het geantwoord: “Ons het nie ’n koning nie, ons het slegs die keiser.” Pilatus het Jesus toe oorgegee om gekruisig te word. Daarop het hulle Jesus weggelei.

Gratis leesplanne en oordenkings oor JOHANNES 19:13-16