JOHANNES 11:20-27

JOHANNES 11:20-27 NLV

Toe Marta hoor dat Jesus op pad is, het sy Hom gaan ontmoet. Maria het egter in die huis bly sit. Marta het vir Jesus gesê: “Here, as U maar net hier was, sou my broer nie gesterf het nie. Maar selfs nou nog weet ek dat God aan U sal gee wat U Hom ook al vra.” Jesus sê vir haar: “Jou broer sal weer opstaan.” Marta het dadelik reageer: “Ek weet dat hy weer sal opstaan met die opstanding op die laaste dag.” Jesus het vir haar gesê: “Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterf hy ook. Elkeen wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nooit sterf nie. Glo jy dit, Marta?” Sy sê vir Hom: “Ja, Here, ek is vas oortuig dat U die Messias is, die Seun van God, Hy wat na die wêreld toe sou kom.”