JESAJA 55:12-13

JESAJA 55:12-13 NLV

Julle sal in blydskap wegtrek en in vrede gelei word. Die berge en heuwels sal juig en die bome in die veld sal hulle hande klap! Waar daar eers net dorings was, sal daar nou sipresse groei. En in die plek van ’n dissel sal daar nou mirtebome groei. Dit sal wees tot eer van die HERE, ’n blywende teken van sy mag en liefde.”