JESAJA 53:10-12

JESAJA 53:10-12 NLV

Maar dit was die HERE se wil om hom te vermorsel en te laat ly. Al het die HERE sy lewe ’n skuldoffer gemaak, sal hy ’n groot nageslag kry en nog lank lewe. Die HERE se plan sal as gevolg van Hom ontvou. Ná sy bitter lyding sal hy weer die lig sien en tevrede wees. En deur alles wat hy beleef het, sal my regverdige dienaar dit moontlik maak vir baie om ook regverdig te word, want hy dra al hulle sondes. Daarom eer Ek hom as iemand wat groot en magtig is. Want hy was bereid om doodgemaak te word en as misdadiger beskou te word. Hy het die sondes van baie gedra, en vir sondaars gebid.

Video for JESAJA 53:10-12