HEBREËRS 2:14-18

HEBREËRS 2:14-18 NLV

Omdat hierdie “kinders” mense van vlees en bloed is, het Jesus ook ten volle mens net soos hulle geword. Want Hy kon net sterf as Hy ten volle mens was en Hy kon net deur self te sterf hom die nekslag toedien wat mag oor die dood gehad het – die duiwel. Net op hierdie manier kon Hy dié vrymaak wat hulle lewe lank uit vrees vir die dood in slawerny vasgevang gesit het. Ons weet almal dat Jesus gekom het om die nakomelinge van Abraham te help – nie die engele nie. Daarom moes Hy ten volle soos ons – sy broers en susters – word om as ons ontfermende en betroubare Hoofpriester voor God priesterdiens te verrig en die sondes van God se volk te versoen. Omdat Hy self versoekings verduur het, kan Hy dié help wat onder versoeking swaarkry.

Video for HEBREËRS 2:14-18