Wat volg, is die geskiedenis van Noag. Noag was ’n opregte man, die enigste onberispelike persoon in daardie tyd. Hy het God se wil deurgaans uitgeleef en ’n noue verhouding met Hom gehad. Noag het drie seuns gehad, naamlik Sem, Gam en Jafet. Teen hierdie tyd was die aarde volgens die oordeel van God korrup en vol geweld. God het al hierdie korrupsie in die wêreld gesien. Oral waar Hy gekyk het, was daar geweld en bederf. Daarop sê God vir Noag: “Ek het besluit om alle lewende wesens te vernietig, want dis as gevolg van hulle dat die aarde vol geweld is. Ek gaan hulle almal verseker tot niet maak. Jy moet ’n groot ark van goferhout maak met verskillende vertrekke binne-in. Verseël dit binne en buite met teer. Dit moet 135 meter lank, 22,5 meter breed en 13,5 meter hoog wees. Voorsien dit van ’n dak waarvan die nok 45 sentimeter hoog is. Dit moet drie verdiepings hê en ’n deur aan die kant. “Let op! Ek gaan vloedwaters oor die aarde laat kom wat elke lewende wese onder die son sal uitwis. Alles op aarde sal doodgaan. Maar met jou sluit Ek ’n verbond. Jy, jou vrou, jou seuns en hulle vroue moet ingaan in die ark. Van elke soort dier moet jy ’n paar – ’n mannetjie en ’n wyfie – in die ark besorg sodat hulle saam met jou die vloed kan oorleef. Twee van elke soort voël en dier, klein en groot, sal na jou toe kom. Jy moet hulle in die ark aan die lewe hou. Maak seker dat jy genoeg kos inlaai vir jou gesin en vir al die diere.” Noag het presies gemaak soos God hom beveel het.
Lees GENESIS 6
Luister na GENESIS 6
Deel
Vergelyk alle weergawes: GENESIS 6:9-22
10 dae
God sal jou nie in die steek laat nie. Wees gehoorsaam aan Hom en vertrou op Hom bo enigiemand en enigiets anders in jou lewe. Dít is Angus Buchan se boodskap wanneer hy jou deur persoonlike ervarings en Bybelse waarhede aanmoedig om te vertrou op die enigste Een wat altyd daar sal wees vir jou. Hierdie leesplan is saamgestel uit IN STILWEES EN VERTROUE deur Angus Buchan.
21 Days
Are you—or is someone you love—suffering from the trauma of plans that have been washed away, relationships that have been uprooted, or security that has been devastated? Rather than being destroyed by this tempest, what if you allowed the disturbance to increase your capacity for rapid growth and fulfilling your destiny in God? After digging deeply into the Word of God, there is a triumphant way to be StormProof!
28 Days
The Bible is full of examples of amazing people who demonstrated courage. But can a kid live out extraordinary courage in just their ordinary life? This plan includes some kid-friendly videos of some Bible greats and takes us through their stories of courage while also exploring other verses and passages that challenge us to live with courage in our everyday walk with Christ.
Hierdie leesplan is `n samestelling van tien van "Alive to God" se dagstukkies wat in Afrikaans vertaal is. Elke dagstukkie bestaan uit `n Bybelvers, vier kort kerngedagtes en `n gebed. Ons hoop dat elke dag se boodskap vir jou soos vars manna van die Here af sal wees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's