GENESIS 6:1-4

GENESIS 6:1-4 NLV

Mettertyd het die mense op die aarde baie vermeerder. Daar is ook dogters vir hulle gebore. Die godeseuns het opgemerk hoe mooi die dogters van die mense was. Hulle het van hulle as vroue gekies. Toe sê die HERE: “My gees sal nie vir altyd in die mensdom wees nie, want hulle is sterflik. Voortaan sal hulle leeftyd hoogstens 120 jaar wees.” In daardie tyd en ook daarna, was daar reuse op die aarde, want telkens wanneer die godeseuns gemeenskap met die vroue uit die menslike geslag gehad het, is kinders gebore wat helde geword het en wat in die ou legendes vermeld word.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid