GENESIS 41:49-52

GENESIS 41:49-52 NLV

Na sewe jaar was die graanskure propvol. Daar was soveel graan soos die sand by die see sodat hy nie meer daarvan rekord kon hou nie. Gedurende hierdie tyd, voor die aanbreek van die eerste jare van hongersnood, het Josef se vrou, Asenat, die dogter van Poti-Fera, priester van On, twee seuns vir hom in die wêreld gebring. Josef het die oudste een Manasse genoem, want hy het gesê: “God het my al my swaarkry laat vergeet, en alles wat my familie teen my gedoen het.” Die tweede een het hy Efraim genoem, want hy het gesê: “God het my voorspoedig gemaak in die land van my swaarkry.”

Video for GENESIS 41:49-52