GENESIS 29:16-25

GENESIS 29:16-25 NLV

Laban het twee dogters gehad. Lea was die oudste en Ragel die jongste. Lea het sagte oë gehad, maar Ragel was baie aantreklik en het ’n pragtige figuur gehad. Jakob was verlief op Ragel. Daarom sê hy: “Ek sal sewe jaar werk om Ragel, die jongste dogter, as vrou te kry.” “Afgespreek!” sê Laban. “Ek sal haar eerder vir jou gee as vir iemand buite die familiekring. Bly by ons.” Jakob het toe sewe jaar gewerk om Ragel as vrou te kry. Maar hy het haar so liefgehad dat dit vir hom soos ’n paar dae was. Toe die tyd verby was, sê Jakob vir Laban: “Ek het my deel van die ooreenkoms nagekom. Gee haar nou vir my sodat ons kan trou.” Laban nooi toe almal in die omgewing uit om saam die bruilof te kom vier. Maar daardie nag, toe dit donker was, neem Laban vir Lea na Jakob toe; en hy het by haar geslaap. Laban het Silpa as persoonlike slavin vir Lea gegee. Toe Jakob die volgende oggend wakker word, sien hy met skok dis Lea! “U het my bedrieg!” sê Jakob vir Laban. “Ek het sewe jaar lank vir u gewerk om Ragel te kry! Hoekom het u my verkul?”

Video vir GENESIS 29:16-25