Na ’n tyd wou God Abraham toets. “Abraham!” roep God. “Hier is ek,” antwoord Abraham. God sê vir hom: “Neem jou seun, jou enigste seun, ja, vir Isak wat jy so liefhet, en gaan na die land Moria. Offer hom daar as brandoffer op een van die berge wat Ek jou sal wys.” Die volgende oggend het Abraham vroeg opgestaan. Hy het sy donkie opgesaal vir die reis en hout gekap vir die brandoffer. Toe het hy twee slawe en ook sy seun Isak geneem om saam te gaan. Daarna het hy vertrek na die plek wat God vir hom aangedui het. Op die derde dag sien Abraham die plek in die verte. “Bly ’n bietjie hier by die donkie,” sê Abraham vir die slawe. “Ek en die seun sal ’n entjie verder gaan. Ons sal daar aanbid en dan terugkom.”
Lees GENESIS 22
Deel
Vergelyk alle weergawes: GENESIS 22:1-5
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's