GENESIS 15:15-18

GENESIS 15:15-18 NLV

Maar jy sal in vrede op ’n rype ouderdom sterf. Vier geslagte ná jou, wanneer die sonde van die Amoriete ryp geword het vir oordeel, sal jou nageslag terugkom na hierdie land toe.” Toe die son ondergegaan het en dit donker was, het Abram ’n rokende oond en ’n brandende fakkel gesien wat tussendeur die halwe karkasse beweeg het. So het die HERE daardie dag ’n verbond met Abram gemaak en gesê: “Ek het hierdie land vir jou nageslag gegee, vanaf die Egiptespruit tot by die groot Eufraatrivier.

Video vir GENESIS 15:15-18