Toe Abram terugkom van sy oorwinning oor Kedorlaomer en sy bondgenote, het die koning van Sodom hom in die Sawevlakte (dit is die Koningsvallei) tegemoetgegaan. Melgisedek, die koning van Salem, het vir hom brood en wyn gebring. Hy was ook ’n priester van God die Allerhoogste. Melgisedek het Abram geseën en gesê: “Geseënd is Abram deur God die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde. En geseënd is God die Allerhoogste wat jou bemagtig het om oor jou vyande te seëvier.” Toe gee Abram vir Melgisedek ’n tiende van alles wat hy teruggekry het.
Lees GENESIS 14
Deel
Vergelyk alle weergawes: GENESIS 14:17-20
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's