Saulus het saamgestem met die teregstelling van Stefanus. ’n Hewige vervolging van die kerk in Jerusalem het daardie dag begin. Al die gelowiges, behalwe die apostels, het uitgewyk na die gebiede van Judea en Samaria. (Godvresende mense het Stefanus begrawe en hulle het baie oor hom getreur.) Saulus het die kerk oral probeer vernietig. Hy het van huis tot huis gegaan, mans en vroue laat uitsleep en in die tronk laat sit. Die gelowiges wat uit Jerusalem gevlug het, het so ver as wat hulle gegaan het, die Goeie Nuus verkondig.
Lees HANDELINGE 8
Luister na HANDELINGE 8
Deel
Vergelyk alle weergawes: HANDELINGE 8:1-4
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's