Josafat het in Jerusalem gewoon, maar het weer tussen sy mense rondgegaan. Hy het van Berseba tot by die Efraimsberge gereis en die mense aangemoedig om hulle tot die HERE die God van hulle voorouers te bekeer. Hy het in al die versterkte stede oor die hele land van Juda regters aangestel en aan hulle bepaalde opdragte gegee: “Dink versigtig voordat julle oordele uitspreek. Onthou dat julle nie regspreek om mense te bevredig nie, maar om die HERE te bevredig. Hy sal by julle wees wanneer julle uitspraak lewer. Vrees die HERE en oordeel met versigtigheid, want die HERE ons God verdra nie verdraaide regspraak, partydigheid of die aanvaarding van omkoopgeld nie.” Josafat het sommige van die Leviete en priesters en stamhoofde in Israel aangestel om op te tree as regters in Jerusalem met die oog op sowel die godsdienstige as die burgerlike geskille. Dit was die opdragte aan hulle: “Julle moet altyd optree in eerbied vir die HERE, met opregtheid en met onpartydigheid. Wanneer ’n saak van ’n medeburger uit ’n afgeleë dorp voor jou gebring word, sou dit ’n moordsaak of ’n oortreding van God se gebooie, bevele, voorskrifte en bepalings wees, moet jy hulle waarsku om nie teen die HERE te sondig nie sodat sy toorn nie oor julle en julle broers kom nie. As julle so optree, sal julle nie skuldig wees aan ’n misdaad teen die HERE nie. “Die hoëpriester Amarja sal die hoogste gesag oor julle wees in alle sake van die HERE. Sebadja seun van Ismael, ’n leier in Juda, sal die hoogste gesag wees in alle sake van die koning. Die Leviete sal julle bystaan om seker te maak dat reg sal geskied. Tree op met moed wanneer julle julle pligte nakom, want die HERE is aan die kant van hulle wat reg doen.”
Lees 2 KRONIEKE 19
Deel
Vergelyk alle weergawes: 2 KRONIEKE 19:4-11
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's