1 TESSALONISENSE 4:9-12

1 TESSALONISENSE 4:9-12 NLV

Ek hoef nie vir julle te skryf oor die liefde wat ons vir mekaar moet hê nie, want julle is deur God self geleer om mekaar lief te hê. Julle tree inderdaad so teenoor alle medegelowiges in Masedonië op. Nogtans spoor ons julle aan, broers en susters: Lê julle nog meer daarop toe en laat dit vir julle ’n saak van eer wees om rustig te lewe, met julle eie sake besig te wees en met julle eie hande te werk. Hierdie riglyne het ons al vroeër aan julle gegee sodat die buitestanders agting vir julle leefstyl sal kry, en julle in geen opsig gebrek sal ly nie.