Die leiers van Israel het toe by Rama bymekaargekom en die saak met Samuel bespreek. “Kyk,” sê hulle vir hom, “u is nou al bejaard en u seuns volg nie u voorbeeld nie. Stel vir ons ’n koning aan soos die gebruik is by al die ander nasies.” Samuel was baie ontsteld oor hierdie versoek en het eers die HERE gaan raadpleeg. “Maak soos hulle sê,” antwoord die HERE, “want dis nie vir jou wat hulle verwerp nie, maar vir My wat hulle nie meer as hulle koning wil hê nie. “Sedert Ek hulle uit Egipte verlos het, het hulle My aanhoudend verwerp en ander gode gedien. Nou maak hulle net so met jou ook. Doen soos hulle vra, maar waarsku hulle ernstig oor wat ’n koning met hulle sal doen.”
Lees 1 SAMUEL 8
Luister na 1 SAMUEL 8
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 SAMUEL 8:4-9
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's