Eli was al bejaard, maar hy het geweet wat sy seuns besig was om aan die Israeliete te doen. So het hy geweet dat sy seuns die jong vroue by die ingang van die tent van ontmoeting seksueel misbruik. Dan sê Eli vir hulle: “Die mense kom kla by my oor julle bose dade! Hoekom doen julle sulke dinge? My seuns, julle moet ophou daarmee! Wat ek van die mense hoor, is nie goed nie. Julle maak dat die mense teen die HERE oortree. Wanneer iemand teen ’n medemens sondig, kan God oordeel. Maar as iemand teen die HERE sondig, wie sal dan vir hom intree?” Maar Eli se seuns wou nie na hulle pa luister nie, want die HERE het alreeds besluit dat hulle moet sterf. Soos die jong Samuel groter geword het, het hy ook al meer die guns van die HERE en die mense gewen.
Lees 1 SAMUEL 2
Luister na 1 SAMUEL 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 SAMUEL 2:22-26
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's