1
FILIPPENSE 4:6
Afrikaans 1983
Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.
Vergelyk
Verken FILIPPENSE 4:6
2
FILIPPENSE 4:7
En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.
Verken FILIPPENSE 4:7
3
FILIPPENSE 4:8
Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig.
Verken FILIPPENSE 4:8
4
FILIPPENSE 4:13
Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.
Verken FILIPPENSE 4:13
5
FILIPPENSE 4:4
Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly!
Verken FILIPPENSE 4:4
6
FILIPPENSE 4:19
En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus.
Verken FILIPPENSE 4:19
7
FILIPPENSE 4:9
En wat julle van my geleer en ontvang het, en gehoor en gesien het, dit moet julle doen. En God wat vrede gee, sal by julle wees.
Verken FILIPPENSE 4:9
8
FILIPPENSE 4:5
Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby.
Verken FILIPPENSE 4:5
9
FILIPPENSE 4:12
Ek weet wat armoede is en ek weet wat oorvloed is; van alles het ek ondervinding: om genoeg te hê om te eet sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om gebrek te ly.
Verken FILIPPENSE 4:12
10
FILIPPENSE 4:11
Ek sê dit nie omdat ek gebrek ly nie, want ek het geleer om my in alle omstandighede te behelp.
Verken FILIPPENSE 4:11
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's