1
MARKUS 14:36
Afrikaans 1983
Hy het gesê: “Abba, Vader, alles is vir U moontlik. Neem hierdie lydensbeker van My af weg. Moet nogtans nie doen wat Ek wil nie, maar wat U wil.”
Vergelyk
Verken MARKUS 14:36
2
MARKUS 14:38
Julle moet waak en bid, sodat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak.”
Verken MARKUS 14:38
3
MARKUS 14:9
Dit verseker Ek julle: Oral waar die evangelie in die hele wêreld verkondig word, sal daar ook vertel word wat sy gedoen het, tot 'n herinnering aan haar.”
Verken MARKUS 14:9
4
MARKUS 14:34
en vir hulle gesê: “Ek voel doodsbenoud. Bly hier en waak!”
Verken MARKUS 14:34
5
MARKUS 14:22
Terwyl hulle eet, het Jesus brood geneem en die seën gevra. Daarna het Hy dit gebreek en vir hulle gegee met die woorde: “Neem dit, dit is my liggaam.”
Verken MARKUS 14:22
6
MARKUS 14:23-24
Toe neem Hy 'n beker en nadat Hy die dankgebed uitgespreek het, gee Hy dit vir hulle, en hulle het almal daaruit gedrink. Hy sê vir hulle: “Dit is my bloed, die bloed waardeur die verbond beseël word en wat vir baie mense vergiet word.
Verken MARKUS 14:23-24
7
MARKUS 14:27
Toe sê Jesus vir hulle: “Julle sal almal van My afvallig word. Daar staan immers geskrywe: “Ek sal die herder doodmaak, en die skape sal uitmekaar gejaag word.
Verken MARKUS 14:27
8
MARKUS 14:42
Staan op, kom ons loop. Kyk, die man wat My verraai, is hier naby.”
Verken MARKUS 14:42
9
MARKUS 14:30
Jesus sê toe vir hom: “Dit verseker Ek jou: Jy sal vandag nog, in hierdie nag, voordat die haan 'n tweede keer kraai, My drie keer verloën.”
Verken MARKUS 14:30
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's