Hierna neem die duiwel Hom na Jerusalem toe en laat Hom op die hoogste punt van die tempel staan, en sê: “As U die Seun van God is, spring hier af! Daar staan mos geskrywe:
“Hy sal sy engele opdrag gee
om jou te beskerm,
“en ook:
“Op hulle hande sal hulle jou dra
sodat jy nie jou voet teen 'n klip sal stamp nie. ”
Maar Jesus antwoord hom: “Daar is gesê: Jy mag die Here jou God nie op die proef stel nie. ”