1
I KORINTHIËRS 13:4-5
Afrikaans 1933/1953
Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie
Vergelyk
Verken I KORINTHIËRS 13:4-5
2
I KORINTHIËRS 13:7
Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.
Verken I KORINTHIËRS 13:7
3
I KORINTHIËRS 13:6
is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid.
Verken I KORINTHIËRS 13:6
4
I KORINTHIËRS 13:13
En nou bly geloof, hoop, liefde — hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.
Verken I KORINTHIËRS 13:13
5
I KORINTHIËRS 13:8
Die liefde vergaan nimmermeer; maar profesieë — hulle sal tot niet gaan; of tale — hulle sal ophou; of kennis — dit sal tot niet gaan.
Verken I KORINTHIËRS 13:8
6
I KORINTHIËRS 13:1
AL sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek 'n klinkende metaal of 'n luidende simbaal geword.
Verken I KORINTHIËRS 13:1
7
I KORINTHIËRS 13:2
En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie.
Verken I KORINTHIËRS 13:2
8
I KORINTHIËRS 13:3
En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie.
Verken I KORINTHIËRS 13:3
9
I KORINTHIËRS 13:11
Toe ek 'n kind was, het ek gepraat soos 'n kind, gedink soos 'n kind, geredeneer soos 'n kind; maar nou dat ek 'n man is, het ek die dinge van 'n kind afgelê.
Verken I KORINTHIËRS 13:11
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's