Aan die vrou is egter die twee vlerke van die groot arend gegee, sodat sy na haar plek in die woestyn kon vlieg, waar sy vir 'n tyd, tye en 'n halwe tyd lank weg van die slang af versorg sou word.
Die slang het toe uit sy bek 'n stroom water soos 'n rivier agter die vrou aan uitgespoeg, om haar deur die stroom te laat meesleur. Die aarde het die vrou egter gehelp, sy mond geopen, en die rivier wat die draak by sy bek uitgespoeg het, ingesluk.