1
Markus 1:35
Die Bybel 2020-vertaling
Vroegoggend, toe dit nog stikdonker was, het Hy opgestaan, buitentoe gegaan en na 'n verlate plek vertrek. Daar het Hy gebid.
Vergelyk
Verken Markus 1:35
2
Markus 1:15
Hy het gesê: “Die bestemde tyd is vervul, en die •koninkryk van God is op hande. Bekeer julle en glo die evangelie.”
Verken Markus 1:15
3
Markus 1:10-11
Net toe Hy uit die water opkom, het Hy die hemel sien oopgaan en die Gees soos 'n duif op Hom sien neerdaal. En 'n stem het uit die hemel gekom: “Jy is my Seun, my geliefde. Oor Jou verheug Ek My!”
Verken Markus 1:10-11
4
Markus 1:8
Ek het julle met water gedoop, maar Hy sal julle met die Heilige Gees doop.”
Verken Markus 1:8
5
Markus 1:17-18
Jesus sê toe vir hulle: “Volg My, en Ek sal julle vissers van mense laat word.” Hulle het onmiddellik hulle nette gelos en Hom gevolg.
Verken Markus 1:17-18
6
Markus 1:22
Hulle was verwonderd oor sy lering, want Hy het hulle geleer soos iemand met gesag, en nie soos die skrifkenners nie.
Verken Markus 1:22
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's