1
Matteus 10:16
Die Bybel 2020-vertaling
“Kyk, Ek stuur julle uit soos skape onder die wolwe. Wees dan behoedsaam soos slange en onskuldig soos duiwe.
Vergelyk
Verken Matteus 10:16
2
Matteus 10:39
“Wie sy lewe behou, sal dit verloor, en wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit behou.”
Verken Matteus 10:39
3
Matteus 10:28
En moenie diegene vrees wat die liggaam kan doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie. Vrees eerder Hom wat beide die siel en die liggaam in Gehenna kan laat vergaan.
Verken Matteus 10:28
4
Matteus 10:38
En wie nie sy kruis opneem en My volg nie, is My nie waardig nie.
Verken Matteus 10:38
5
Matteus 10:32-33
“Daarom, elkeen wat My voor die mense bely, sal Ek ook voor my Vader in die hemele bely. Maar wie My voor die mense verloën, sal Ek ook voor my Vader in die hemele verloën.”
Verken Matteus 10:32-33
6
Matteus 10:8
Maak die siekes gesond, wek dooies op, reinig melaatses, dryf demone uit. Julle het dit verniet gekry – verniet moet julle dit uitdeel.
Verken Matteus 10:8
7
Matteus 10:31
Moet dan nie bang wees nie – julle is meer werd as baie mossies. ”
Verken Matteus 10:31
8
Matteus 10:34
“Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard.
Verken Matteus 10:34
YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's