Is dit nie hierdie vas
wat Ek verkies nie,
dat julle die boeie
van goddeloosheid losmaak,
die stroppe van die juk
stukkend ruk,
verdruktes vry wegstuur
en elke juk breek?
Is dit nie bedoel om vir
hongeriges jou brood te breek,
om aan magteloses
en haweloses onderdak te bied nie?
Wanneer jy iemand sien
wat kaal is, moet jy hom bedek,
en jou nie afsydig hou van jou
eie vlees en bloed nie.”