“En die nakomelinge van 'n vreemde
wat hulle aan die HERE
verbind het om Hom te dien,
om die Naam van die HERE lief te hê
en om sy dienaars te word
– almal wat die Sabbat
onderhou deur dit
nie te ontheilig nie,
en wat vashou aan my verbond –
hulle sal Ek na my heilige berg bring;
en Ek sal hulle vreugde laat ervaar
in my huis van gebed.
Hulle •brandoffers en •maaltydoffers
sal aanvaarbaar wees op my altaar.
Ja, my huis sal genoem word
'n huis van gebed vir al die volke. ”