1
Genesis 42:21
Die Bybel 2020-vertaling
Hulle het vir mekaar gesê: “Wel, ons is beslis skuldig oor ons broer wie se sielenood ons gesien het toe hy ons om genade gesmeek, maar ons nie geluister het nie. Daarom het hierdie nood ons nou oorval.”
Vergelyk
Verken Genesis 42:21
2
Genesis 42:6
Josef was die heerser oor die land. Hy was die een wat aan al die mense van die land graan verkoop het. Josef se broers het daar aangekom, en hulle het diep voor hom neergebuig, met hulle gesigte na die grond.
Verken Genesis 42:6
3
Genesis 42:7
Toe Josef sy broers sien, het hy hulle herken. Hy het hom egter vreemd gehou teenoor hulle en hulle streng aangespreek. Hy het vir hulle gevra: “Waarvandaan kom julle?” Hulle het geantwoord: “Van die land Kanaän af, om kos te koop.”
Verken Genesis 42:7
YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's