Die dansende vroue het gesing en gesê:
“Saul het sy duisende verslaan,
maar Dawid sy tienduisende.”
Saul het baie kwaad geword. Hierdie saak was verkeerd in sy oë. Hy het gesê: “Aan Dawid gee hulle tienduisende, maar aan my gee hulle die duisende. Hy moet nou nog net die koningskap kry. ”