1
Spreuke 27:17
Bybel vir almal
Een stuk yster kan 'n ander stuk yster skerpmaak, so kan een mens 'n ander mens help om slim te word.
Vergelyk
Verken Spreuke 27:17
2
Spreuke 27:1
Jy moenie spog oor wat jy môre sal doen nie, want jy weet nie wat môre sal gebeur nie.
Verken Spreuke 27:1
3
Spreuke 27:6
Wanneer 'n vriend jou seermaak, dan doen hy dit omdat hy jou vriend wil bly. Wanneer iemand jou die hele dag wil aanhou soen, dan haat hy jou.
Verken Spreuke 27:6
4
Spreuke 27:19
Wanneer iemand in die water kyk, dan kan hy sy gesig sien. Dit is dieselfde: Die dinge wat jy dink, wys vir jou wie jy is.
Verken Spreuke 27:19
5
Spreuke 27:2
Jy moenie jouself prys nie, iemand anders kan dit doen, iemand van 'n ander plek kan jou prys, jy moenie dit self doen nie.
Verken Spreuke 27:2
6
Spreuke 27:5
Dit is beter om eerlik vir iemand te sê wat hy verkeerd doen, beter as om vir hom lief te wees maar dit nie te wys nie.
Verken Spreuke 27:5
7
Spreuke 27:15
'n Dak wat aanhou lek wanneer dit reën, is soos 'n vrou wat aanhou kla.
Verken Spreuke 27:15
YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's