1
Markus 14:36
Bybel vir almal
Hy het gebid: “Vader, my Vader, U kan alles doen wat U wil doen. Neem asseblief hierdie swaarkry weg van My, moenie vir My hierdie beker gee om te drink nie. Maar U moenie doen wat Ek wil hê nie, U moet doen wat U wil hê.”
Vergelyk
Verken Markus 14:36
2
Markus 14:38
Julle moet wakker wees en bid dat niks sal gebeur wat julle sal laat sonde doen nie. Die mens se gees wil graag doen wat reg is, maar die mens self is te swak om reg te doen.”
Verken Markus 14:38
3
Markus 14:9
Ek sê vir julle, en dit is seker: Oral in die wêreld waar die mense die goeie boodskap bring, sal hulle ook praat oor hierdie vrou en wat sy gedoen het. Die mense sal haar onthou.”
Verken Markus 14:9
4
Markus 14:34
Hy het vir hulle gesê: “Ek voel baie hartseer. Bly hier en bly wakker.”
Verken Markus 14:34
5
Markus 14:22
Terwyl hulle geëet het, het Jesus brood geneem en vir God dankie gesê daarvoor. Hy het die brood in stukke gebreek en vir sy dissipels gegee. Hy het gesê: “Neem die brood, dit is my liggaam.”
Verken Markus 14:22
6
Markus 14:23-24
Jesus het ook 'n beker wyn geneem en Hy het vir God dankie gesê daarvoor. Toe gee Hy dit vir sy dissipels, en hulle het almal daarvan gedrink. Jesus sê toe vir hulle: “Die wyn in hierdie beker is my bloed. My bloed wat vir baie mense sal vloei, is die bloed van die verbond.
Verken Markus 14:23-24
7
Markus 14:27
Jesus het vir sy dissipels gesê: “Julle almal sal ophou om in My te glo. Die profeet Sagaria het geskryf: “God het gesê: Ek sal die skaapwagter doodmaak, en die skape sal weghardloop na al die kante toe.
Verken Markus 14:27
8
Markus 14:42
Staan op, ons moet gaan. Die man wat My sal verraai, is hier naby.”
Verken Markus 14:42
9
Markus 14:30
Jesus het vir hom gesê: “Ek sê vir jou, en dit is seker: Jy sal in hierdie nag drie maal sê jy ken My nie. Jy sal dit sê voordat die haan die tweede maal kraai.”
Verken Markus 14:30
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's