1
Markus 11:24
Bybel vir almal
Daarom sê Ek vir julle: Wanneer julle bid en julle vra iets, dan moet julle glo dat julle dit ontvang het, en dan sal julle dit kry.
Vergelyk
Verken Markus 11:24
2
Markus 11:23
Ek sê vir julle, en dit is seker: As iemand vir hierdie berg sê: ‘Tel jouself op en gooi jouself in die see,’ dan sal dit gebeur. Maar hy moenie twyfel nie. Hy moet glo dat dit sal gebeur.
Verken Markus 11:23
3
Markus 11:25
En wanneer julle staan om te bid, en julle is kwaad vir iemand, dan moet julle hom vergewe. Dan sal julle Vader wat in die hemel is, ook julle sondes vergewe.”
Verken Markus 11:25
4
Markus 11:22
Jesus het geantwoord: “Julle moet in God glo!
Verken Markus 11:22
5
Markus 11:17
Jesus het begin om vir die mense te leer en Hy het gesê in die Ou Testament is geskryf: “God het gesê: Die mense sal sê my tempel is 'n plek waar al die volke mag bid. Maar julle het dit verander, dit is nou 'n plek waar diewe bymekaarkom.”
Verken Markus 11:17
6
Markus 11:9
Die mense wat voor Jesus geloop het en die ander mense wat Hom gevolg het, het aangehou om hard te skree en te sê: “ Prys God! Prys die Man wat kom! Die Here het Hom gestuur om sy werk te kom doen!
Verken Markus 11:9
7
Markus 11:10
Prys Hom! Hy sal nou begin om Koning te wees oor almal, soos ons voorvader Dawid! Prys God in die hoogste hemel!”
Verken Markus 11:10
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's