Hy het gesê:
“ Jy moet na hierdie volk gaan en jy moet vir hulle sê:
“Julle sal hoor en hoor,
maar julle sal niks verstaan nie.
Julle sal kyk en kyk,
maar julle sal niks sien nie.
Hierdie volk het
hardkoppig geword.
Hulle het opgehou luister
sodat hulle nie kan
verstaan nie.
Hulle het hulle oë toegehou
sodat hulle nie kan sien nie
en nie kan verstaan nie.
Ek wil hulle gesond maak,
maar hulle wil nie verander
en lewe soos Ek wil hê nie.