1
OPENBARING 16:15
Nuwe Lewende Vertaling
“Wees bedag, Ek kom onverwags, net soos ’n dief. Geseënd is elkeen wat wakker loop en sy klere gereed hou sodat hy nie kaal hoef te loop en die mense sy verleentheid sien nie.”
Vergelyk
Verken OPENBARING 16:15
2
OPENBARING 16:12
Die sesde engel het toe sy bak op die groot Eufraatrivier uitgegooi. Sy vloei het opgedroog om ’n pad gereed te maak vir die konings wat van die ooste af kom.
Verken OPENBARING 16:12
3
OPENBARING 16:14
Dié geeste wat wondertekens doen, is van bose geeste afkomstig. Hulle gaan uit na die konings oor die hele bewoonde aarde heen om hulle bymekaar te maak vir die oorlog op die beslissende dag van God, die Almagtige.
Verken OPENBARING 16:14
4
OPENBARING 16:13
Toe merk ek op dat uit die bek van die draak en uit die bek van die monster en uit die bek van die vals profeet drie onrein geeste kom, net soos paddas.
Verken OPENBARING 16:13
5
OPENBARING 16:9
Die mense is deur ’n hewige gloed geskroei en hulle het die Naam van God gevloek wat mag het oor hierdie plae. Hulle het egter nie tot inkeer gekom en aan Hom eer betoon nie.
Verken OPENBARING 16:9
6
OPENBARING 16:2
Toe het die eerste engel gegaan en sy bak op die aarde uitgegooi. Daar het toe kwaadaardige en bose sere op dié mense ontstaan wat die merk van die monster dra en sy standbeeld aanbid het.
Verken OPENBARING 16:2
7
OPENBARING 16:16
Die geeste het die konings bymekaargemaak op die plek wat in Hebreeus Armageddon genoem word.
Verken OPENBARING 16:16
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's