1
MARKUS 9:23
Nuwe Lewende Vertaling
“As Ek kan, sê jy,” het Jesus hom geantwoord. “As ’n mens glo, is álles moontlik!”
Vergelyk
Verken MARKUS 9:23
2
MARKUS 9:24
“Ek glo!” roep die kind se pa dadelik uit. “Help my tog om nie meer te twyfel nie!”
Verken MARKUS 9:24
3
MARKUS 9:28-29
Later, toe Jesus in die huis was, het sy dissipels Hom persoonlik kom vra: “Waarom kon ons nie daardie onrein gees uitdryf nie?” Waarop Hy hulle geantwoord het: “Hierdie soort kan net deur gebed uitgedryf word.”
Verken MARKUS 9:28-29
4
MARKUS 9:50
Sout doen goeie werk. Maar as dit sy krag verloor het, hoe sal jy dit weer sout kan maak? Julle lewe moet soutkwaliteit hê, en julle moet in vrede saam met mekaar lewe.”
Verken MARKUS 9:50
5
MARKUS 9:37
“As jy een van hierdie kindertjies in my Naam verwelkom, verwelkom jy vir My. En as jy My verwelkom, verwelkom jy nie net vir My nie; jy verwelkom ook my Vader wat My gestuur het.”
Verken MARKUS 9:37
6
MARKUS 9:41
Ek verseker julle, as enigiemand vir julle ’n beker water gee omdat julle van die Messias se mense is, sal God hom beslis daarvoor beloon.”
Verken MARKUS 9:41
7
MARKUS 9:42
“Maar as enigiemand een van hierdie kleintjies wat in My glo, in sy geloof laat struikel, sal dit vir daardie persoon beter wees om in die see gegooi te word met ’n swaar meulsteen vasgemaak om sy nek.
Verken MARKUS 9:42
8
MARKUS 9:47
En as jou oog jou laat struikel, pluk dit uit. Dit is vir jou beter om met een oog in God se koninkryk in te gaan, as om met twee oë en al in die hel te beland
Verken MARKUS 9:47
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's