1
MATTEUS 2:11
Nuwe Lewende Vertaling
Toe hulle in die huis ingaan, sien hulle die Kindjie by Maria, sy ma, en hulle val voor Hom neer en aanbid Hom. Toe maak hulle hulle kissies met kosbaarhede oop en gee aan Hom geskenke van goud en wierook en mirre.
Vergelyk
Verken MATTEUS 2:11
2
MATTEUS 2:1-2
Jesus is in die dorp Betlehem in Judea gebore tydens die regeringstyd van koning Herodes die Grote. Omstreeks daardie tyd het daar sterrekundiges uit die ooste in Jerusalem opgedaag. Hulle doen toe navraag: “Waar is die pasgebore Koning van die Jode? Ons het sy ster sien verskyn en gekom om Hom te aanbid.”
Verken MATTEUS 2:1-2
3
MATTEUS 2:10
Met dié dat hulle die ster sien, het ’n wonderlike blydskap oor hulle gekom.
Verken MATTEUS 2:10
4
MATTEUS 2:12-13
Maar omdat God hulle in ’n droom gewaarsku het om nie weer na Herodes terug te gaan nie, het hulle met ’n ander roete huis toe vertrek. Ná die vertrek van die sterrekundiges verskyn daar ’n engel van die Here in ’n droom aan Josef en sê: “Staan op en vlug met die Kindjie en sy ma na Egipte toe. Bly daar tot ek vir jou sê om terug te kom, want Herodes gaan die Kindjie probeer doodmaak.”
Verken MATTEUS 2:12-13
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's