1
KLAAGLIEDERE 1:1
Nuwe Lewende Vertaling
Die stad wat vol mense was, is nou verlate. Sy sit alleen daar, soos ’n weduwee wat treur. Die stad wat eens die nasies se koningin was, het nou hulle slaaf geword.
Vergelyk
Verken KLAAGLIEDERE 1:1
2
KLAAGLIEDERE 1:2
Sy sit dwarsdeur die nag en huil. Trane loop oor haar wange. Nie een van haar minnaars wil haar nou kom troos nie. Al haar vriende het haar verraai en haar vyande geword.
Verken KLAAGLIEDERE 1:2
3
KLAAGLIEDERE 1:20
Kyk hoe benoud is ek, HERE. My hart krimp inmekaar en ek bewe. Ek was in opstand teen U. Buite in die strate maai die swaard alles af. Binne in die huise is daar net dood.
Verken KLAAGLIEDERE 1:20
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's