1
JAKOBUS 5:16
Nuwe Lewende Vertaling
Daarom moet julle julle sondes teenoor mekaar bely en vir mekaar bid sodat julle gesond kan word. Die gebed van iemand wie se saak met God reg is, het ’n kragtige werking.
Vergelyk
Verken JAKOBUS 5:16
2
JAKOBUS 5:13
Is daar van julle wat swaarkry? Dan moet julle aanhou bid daaroor. En dié wat opgeruimd is, moenie ophou lofliedere sing nie.
Verken JAKOBUS 5:13
3
JAKOBUS 5:15
En ’n gelowige gebed sal die siek mens gesond laat word; die Here sal hom laat opstaan. En watter sondes die sieke ook al gedoen het, dit sal hom vergewe word.
Verken JAKOBUS 5:15
4
JAKOBUS 5:14
Is daar van julle wat siek is? Dan moet julle die ouderlinge van die gemeente laat kom. Nadat die ouderlinge die siekes met olyfolie in die Naam van die Here gesalf het, moet hulle vir hulle bid.
Verken JAKOBUS 5:14
5
JAKOBUS 5:20
weet dan dat hy wat ’n sondaar van sy dwaalweg laat terugdraai, hom uit die dood verlos en maak dat ’n klomp sondes bedek word.
Verken JAKOBUS 5:20
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's