1
EKSODUS 15:26
Nuwe Lewende Vertaling
“As julle goed luister na die HERE julle God en doen wat vir Hom reg is, gehoorsaam is aan sy wette en reëls, dan sal Ek julle nie dieselfde dinge laat oorkom as die Egiptenaars nie. Ek is die HERE wat julle gesond sal hou.”
Vergelyk
Verken EKSODUS 15:26
2
EKSODUS 15:2
My krag en my sterkte kom van die HERE. Hy gee my die oorwinning. Hy is my God. Ek wil Hom loof. Hy was my voorouers se God. Ek wil sy Naam verhoog.
Verken EKSODUS 15:2
3
EKSODUS 15:11
Wie van die gode kan met U vergelyk word, HERE? Wie is so hoog en heerlik soos U? Wie is so vreesaanjaend groot? Wie kan sulke wondere doen soos wat U laat gebeur?
Verken EKSODUS 15:11
4
EKSODUS 15:13
Hierdie volk wat U gered het, lei U met liefde. U sal hulle lei met u krag na die plek waar u Naam heers.
Verken EKSODUS 15:13
5
EKSODUS 15:23-25
Toe hulle by die plek Mara kom, was daar uiteindelik water. Die water was egter brak en hulle kon dit nie drink nie. Dit is hoekom die plek Mara genoem is. Die volk het toe by Moses gaan kla: “Wat moet ons dan drink?” Moses het hulp by die HERE gaan soek. Die HERE het vir hom ’n stuk hout uitgewys. Hy het dit gevat en in die water gegooi. Dit het die water drinkbaar gemaak. Dit was hier by Mara waar die HERE die volgende reëling getref het om hulle te toets
Verken EKSODUS 15:23-25
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's