1
1 JOHANNES 3:18
Nuwe Lewende Vertaling
Kinders, laat ons nie liefhê met woorde of gepratery nie, maar eerder deur ons optrede, en met opregte bedoelings.
Vergelyk
Verken 1 JOHANNES 3:18
2
1 JOHANNES 3:16
Ons het die volmaakte liefde leer ken: dit is dat Christus sy lewe ter wille van ons afgelê het. Só moet ons ook ons lewens prysgee ter wille van ons broers en susters.
Verken 1 JOHANNES 3:16
3
1 JOHANNES 3:1
Kyk net hoe ’n groot liefde die Vader aan ons betoon het. Dit is dat Hý ons sy kinders noem, en ons is dit beslis ook. Daarom ken die wêreld ons nie, omdat dit Hom nie ken nie.
Verken 1 JOHANNES 3:1
4
1 JOHANNES 3:8
Elkeen wat aanhou sonde doen, is familie van die duiwel omdat die duiwel van die heel begin af sonde gedoen het. Juis daarvoor het die Seun van God verskyn: om die dade van die duiwel te vernietig.
Verken 1 JOHANNES 3:8
5
1 JOHANNES 3:9
Elkeen wat deur God verwek is, hou nie aan sonde doen nie omdat God se saad in hulle bly. Hulle kan ook nie aanhou sonde doen nie omdat hulle deur God verwek is.
Verken 1 JOHANNES 3:9
6
1 JOHANNES 3:17
Iemand wat ryk is aan aardse lewensmiddele en sy broer of suster sien gebrek ly, maar weier om ’n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?
Verken 1 JOHANNES 3:17
7
1 JOHANNES 3:24
Wie sy opdragte gehoorsaam, leef in ’n hegte verhouding met God en Hy op sy beurt met daardie persoon. Hieraan weet ons dat Hy in ’n hegte verhouding met ons leef: aan die Gees wat Hy aan ons gegee het.
Verken 1 JOHANNES 3:24
8
1 JOHANNES 3:10
Op hierdie manier is dit duidelik wie die kinders van God en wie die kinders van die duiwel is. Almal wat nie reg optree nie en ook nie hulle medegelowiges liefhet nie, is nie uit God nie.
Verken 1 JOHANNES 3:10
9
1 JOHANNES 3:11
Dít is die boodskap wat ons van die heel begin af gehoor het: Ons moet mekaar liefhê.
Verken 1 JOHANNES 3:11
10
1 JOHANNES 3:13
Broers en susters, moet nie verbaas wees as die wêreld julle haat nie.
Verken 1 JOHANNES 3:13
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's